Browsed by
Category: Insolvency Act

A MISUSE AND ABUSE OF THE INSOLVENCY ACT

A MISUSE AND ABUSE OF THE INSOLVENCY ACT

A2blOn the 4th of March 2014, Cape Town High Court Justice Binns-Ward granted an interdict against a company for exploiting the Insolvency Act (hereafter referred to as ‘the Act’). This is what the Company did:

Every week the Company’s employees scanned the ‘green gazette’ for advertisements of sales in execution of residential properties. The Company employs consultants all over the country. The consultants then canvass the business of the execution debtors concerned. The debtors are told by the consultants that a cancellation of the sale in execution can be achieved by availing of the provisions of the Insolvency Act. The Company offers to arrange the publication of a notice of surrender in terms of Section 4(1) of the Act for the payment of a fee. They further indicate to the debtor that there will be no consequences if an application to court does not follow.

This buys the debtor 30 days. In the 30 days the Company, if the debtor so wishes, will at an additional fee conduct a forensic audit in which it will demonstrate with great probability that the execution creditor (often banks) miscalculated its claim and afford the debtor an opportunity to reach a compromise with the execution creditor. When debtors default on their payments the banks instruct attorneys to take action against them. The bank can get these attorney fees back from them in a separate account with different interest rates, but they are not allowed to add it to the balance of their bond with higher interest involved; they can only add entries pertaining to their bond account, not legal fees. The Company then argues that the bank is in breach of contract, and applies to court for setting aside of default judgement.     

What does the Insolvency Act say?

Section 4(1) of the Act requires a notice to be published not more than thirty days but not less than fourteen days before application is made for surrender of the estate of the debtor. Section 5(1) of the Insolvency Act provides that it is unlawful to sell any property in the debtor’s estate in question which has been attached under writ of execution, after the publication of a notice of surrender (in terms of Section 4(1) in the Gazette (this provision is for bona fide voluntary surrender application, not fraudulent applications), unless the person charged with the execution writ did not know of publication and the property is valued at less than R5000.

The decision to publish a notice of surrender by a debtor involves intention of the debtor to eventually apply to court for the acceptance of surrender and to carry out the necessary steps involved in order to obtain such sequestration order. One can withdraw a notice of surrender (in terms of Section 7) by applying to the Master of the Court for written consent, or in terms of Section 6 the notice of surrender lapses if no application for surrender is made after 14 days of the date specified in the notice of surrender. However this provision is intended for the benefit of creditors and not debtors. Section 6 makes it clear that no legitimate purpose can be served by the publication of a notice of surrender if the estate in question is not actually insolvent, and if it cannot be shown, sequestration costs can be paid and sequestration will be advantageous to creditors.

This case involved an application to court, where the applicant sought an interdict against the respondent for engaging in business of publicising notices of surrender (unlawfully) in terms of Section 4(1) of the Act. The Court held that the Company is interdicted from carrying on this sort of business. It is unlawful and fraudulent and a misuse of the provisions of the Act. It is clear from the facts of the case that in virtually all the cases the debtors never had the intention to go through with the surrender; it was merely done with the object of frustrating sales in execution. A notice of surrender is not an acceptable device for gaining time to undertake forensic audits of client’s accounts with the execution creditor, or to find a basis to apply for the rescission of the judgement that is in the process of being executed.

In conclusion it is therefore important to note that the publishing of notices in terms of Section 4(1) of the Act should only be done with the intention of a subsequent sequestration. 

References:

FirstRand Bank Limited (Applicant) v Consumer Guardian Services (Pty) Ltd & 9 Others (Case no: 10978/2012)

This article is a general information sheet and should not be used or relied on as legal or other professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your legal adviser for specific and detailed advice.

Click here to view full disclaimer

 

MISBRUIK VAN DIE INSOLVENSIEWET

MISBRUIK VAN DIE INSOLVENSIEWET

A2blOp 4 Maart 2014 het Regter Binns-Ward in die Kaapse Hooggeregshof ‘n interdik teen ‘n maatskappy toegestaan wat bedrog gepleeg het in terme van die Insolvensiewet (hierna verwys as ‘die Wet’). Die maatskappy dit as volg gedoen:

Elke week soek die maatskappy se werknemers deur die ‘Groen Staatskoerant’ vir advertensies van verkope eksekusie van residensiële eiendomme. Die maatskappy het konsultante in diens regoor die land gehad. Die konsultante werf dan die besigheid van die betrokke eksukusie skuldenaars. Die skuldenaars word deur die konsultante ingelig dat ‘n kansellasie van die verkoop in eksekusie bereik kan word in terme van die Insolvensiewet. Die maatskappy bied aan om toe te sien tot die publikasie van ‘n kennisgewing van oorgawe ingevolge Artikel 4(1) van die Wet, onderhewig aan die betaling van ‘n fooi aan die maatskappy. Hulle lig die skuldenaar ook in dat daar geen gevolge sal wees indien ‘n aansoek by die hof nie volg nie.

Dit wen vir die skuldenaar 30 dae. In dié 30 dae het die maatskappy, indien die skuldenaar wil en teen ‘n addisionele fooi, ‘n kans om ‘n forensiese oudit te doen wat met groot waarskynlikheid sal bewys dat die eksekusieskuldeiser (dikwels banke) sy eis misreken het en die skuldenaar het dan ‘n geleentheid om ‘n kompromie te bereik met die eksekusieskuldeiser.

Wanneer skuldenaars op hul betalings in verstek bly, stuur die banke ‘n opdrag na hul prokureurs toe om aksie teen die skuldenaars te neem. Die bank kan die regskostes terug eis van die skuldenaar, maar net in ‘n aparte rekening met ‘n verskillende rentekoers; hulle word nie toegelaat om dit by te voeg by die balans van die verband met ‘n ander rentekoers nie. Hulle kan net inskrywings met betrekking tot hul verbandpaaiemente by die rekening voeg, nie regskoste nie. Die maatskappy betwis dan dat die bank kontrakbreuk pleeg en doen by die hof aansoek vir die tersydestelling van die verstekvonnis. 

Wat sê die Insolvensiewet?

Artikel 4(1) van die Wet vereis dat ‘n kennisgewing van oorgawe nie meer as dertig dae nie, maar minder as veertien dae voor aansoek gedoen word vir oorgawe van die boedel van die skuldenaar, gepubliseer word. Artikel 5(1) van die Wet bepaal dat dit onwettig is om enige eiendom van die skuldenaar waarop beslag gelê is in terme van ‘n lasbrief van eksekusie, te verkoop, indien hy reeds ‘n kennisgewing van boedel oorgawe in terme van Artikel 4(1) van die Wet gepubliseer het in die Staatskoerant (hierdie voorsiening is vir bona fide vrywillige oorgawe aansoeke, nie bedrieglike aansoeke nie), tensy die persoon belas met die lasbrief nie geweet het van die publikasie nie, en die eiendom gewaardeer is vir minder as R5000.

Die besluit om ‘n kennisgewing van oorgawe te publiseer deur ‘n skuldenaar vereis die voorneme van die skuldenaar om uiteindelik by die hof so ‘n aansoek in te dien en die nodige stappe te neem om sodanige sekwestrasiebevel te verkry. ‘n Mens kan ‘n kennisgewing van oorgawe onttrek (in terme van Artikel 7) deur skriftelike toestemming van die Meester van die Hof aan te vra. Alternatiewelik kan jy in terme van Artikel 6 die kennisgewing onttrek, deurdat dit verval indien geen aansoek vir oorgawe gemaak word na 14 dae na die datum in die kennisgewing van oorgawe nie. Hierdie bepaling moet egter tot voordeel van die skuldeisers wees, nie die skuldenaars nie. Artikel 6 maak dit duidelik dat geen wettige doel gedien kan word deur die publikasie van ‘n kennisgewing van oorgawe indien die betrokke boedel nie werklik insolvent is nie, en as dit nie bewys kan word nie, word die sekwestrasiekoste betaal en die sekwestrasie is tot voordeel van die Skuldeisers.

Hierdie saak het gegaan oor ‘n aansoek aan die hof, waar die applikant ‘n interdik versoek het teen die respondent in terme van die kennisgewings van oorgawe wat die maatskappy (onwettig) publiseer in terme van Artikel 4(1) van die Insolvensiewet. Die hof het ’n interdik toegestaan teen die maatskappy om hierdie soort besigheid onmiddellik te staak. Die hof het besluit dat dit onwettig en bedrieglik is en ‘n misbruik van die bepalings van die Insolvensiewet. Dit is duidelik, as mens die feite van die saak bestudeer, dat die skuldenaars nooit van voornemens was om voort te gaan met die oorgawe nie; dit is bloot gedoen met die doel om die verkope in eksekusie te frustreer. Publisering van ‘n kennisgewing van oorgawe is nie ‘n aanvaarbare metode vir die verkryging van tyd om forensiese oudits van die kliënte se rekeninge by die eksekusieskuldeiser te onderneem nie, of gronde om aansoek te doen vir die tersydestelling van die vonnis wat in die proses is om uitgevoer te word nie.

Ten slotte is dit belangrik om daarop te let dat die publisering van kennisgewings  in terme van Artikel 4(1) van die Wet slegs mag plaasvind indien daar ‘n voorneme van sekwestrasie is. 

Vir verdere inligting:

FirstRand Bank Limited (Applikant) v Consumer Guardian Services (Pty) Ltd & 9 Others (Saak no: 10978/2012)

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

Kliek hier om die volledige vrywaring te sien