Browsed by
Month: September 2015

DIE REGSKOSTES STORIE

DIE REGSKOSTES STORIE

A3ab‘n Man stap by ‘n prokureur se kantoor in “Wat is jou fooi vir drie vrae?”

“R1 000” antwoord die prokureur. “Is dit nie ‘n bietjie stewig nie?” Vra die man. “Ja, so wat was jou derde vraag?”

 

Wanneer jy jouself in ‘n prokureur se kantoor bevind, is jy daar omdat jy ‘n probleem het. Iets het gebeur of iets moet gebeur en jy het hulp nodig om jou regte te beskerm. Heel waarskynlik, is dit jou laaste uitweg.

Dit is belangrik om te besef dat die advies van ‘n prokureur kom teen ‘n prys, soms ‘n baie hoë prys. Goedkoper beteken nie noodwendig beter as dit kom by jou regsverteenwoordiging nie. ‘n Senior, ervare of gespesialiseerde prokureur sal meer geneig wees om ‘n saak, hoe kompleks ookal, makliker en moontlik vinniger op te los.

Die onmisbare vertrekpunt is dat ‘n prokureur (of advokaat) net een ding het om aan jou te verkoop, en dit is sy of haar tyd.

Wanneer jy soek na regsdienste, is dit binne jou reg om vir prokureurs te vra om hul fooistruktuur aan jou te verduidelik. Kry ‘n skriftelike fooireëling in plek gedurende jou eerste konsultasie, en onthou dat volgens die Prokureurswet jy geregtig is op ‘n uiteengesette kosterekening.

Prokureurs mag ‘n deposito vra om die eerste konsultasie en die aanvanklike uitgawes te dek. Hierna kan jy jouself voorberei om te betaal vir elke minuut wat aan jou saak spandeer word. Antwoord ‘n e-pos? Ja. ‘n Oproep? Beslis!

Tyd is geld in hierdie besigheid en jy as kliënt moet verstaan ​​hoe jy kan help om jou regskostes so laag moontlik te hou :

  1. Jou eerste konsultasie met jou prokureur is baie belangrik, en soms, die enigste konsultasie wat jy nodig sal hê. Verskaf duidelike en bondige instruksies, hou tot die punt en wees voorbereid, bring al die nodige dokumente saam met jou;
  2. Hou alle konsultasies en korrespondensie met jou prokureur kort en tot die punt! Elke keer as jou prokureur ‘n 17 bladsy e-pos moet lees oor onbenullighede, betaal jy vir die tyd wat hy of sy daaraan bestee het;
  3. Moenie konsultasies met jou prokureur reël wat nie absoluut noodsaaklik is nie. As ‘n navraag telefonies bespreek of per e-pos hanteer kan word, volg eerder daardie roete en bespaar tyd (en geld);

Deur te voldoen aan die bogemelde punte behoort jou volgende uitstappie na jou prokureur ligter op jou sak te wees.

Geskryf deur Kestrel Carstens, Kandidaat Prokureur, MHI Prokureurs.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.(E&OE)

WIE IS VERANTWOORDELIK VIR ‘N WATERLEK?

WIE IS VERANTWOORDELIK VIR ‘N WATERLEK?

A2bDie onderhoud van ‘n deeltitelskema mag eenvoudig voorkom, maar in werklikheid ontstaan geskille dikwels in verband met die onderhoudskwessies rakende deeltitel eenhede. Hierdie geskille is dikwels die gevolg van gekompliseerde verhoudings wat algemeen voorkom wanneer individue betreklik naby aan mekaar woon, of wanneer eienaarskap deur deeltitels verteenwoordig word. Wat hierdie situasie nog meer ingewikkeld maak is die leemtes wat in die Wet op Deeltitels voorkom rakende baie van die fyner kwessies wat daagliks in deeltitelskemas ondervind word. Die vraag ontstaan dus, hoe benader mens die onderhoudskwessie in ‘n deeltitelskema?

Dave besit ‘n woonstel op die tweede verdieping van ‘n deeltitelskema. Woonstel A, wat reg bo Dave se woonstel geleë is, het ʼn water lek. Hierdie water lek veroorsaak oneindige probleme vir Dave. Die eienaar van woonstel A wil egter nie die Daar is ‘n water lek in woonstel A (die woonstel reg bo Dave) wat tot waterskade in Dave se woonstel kan lei. Die eienaar van woonstel A wil egter nie die lek herstel nie. Hierdie scenario gee aanleiding tot etlike vrae:

  • Moet Dave, woonstel A se eienaar, of die beheerliggaam die lek herstel?
  • Kan hulle (Dave of die beheerliggaam) in woonstel A ingaan of het hul toestemming van die eienaar nodig?
  • Indien die eienaar van woonstel A weier om die water lek te herstel, of toegang tot die woonstel te verleen, wat kan hulle doen om die lek te herstel en verdere skade te vermy?

Wat sê die Wet met betrekking tot wie se verantwoordelikheid die herstel van die water lek is? Artikel 44 (1) (a) en (c) van die Wet op Deeltitels, tesame met die bestuursreëls 68-70 van die Wet op Deeltitels, bepaal dat die eienaar van ʼn eenheid verantwoordelik is vir alle herstelwerk aan sy deeltitel sowel as die onderhoud van die eenheid. Die eienaar toegang verleen aan ʼn persoon wat skriftelik deur die beheerliggaam gemagtig is om die woonstel te betree op ‘n redelike tyd en na kennisgewing gegee is (behalwe in die geval van nood, wanneer geen kennisgewing vereis word nie). Die bogenoemde sal geskied met die doel om pype, drade kabels en buise (wat verband hou met die gemeenskaplike eiendom) te inspekteer, in stand te hou, herstel of te vervang.

Artikel 37 van die Wet op Deeltitels vereis dat die beheerliggaam die gemeenskaplike eiendom moet onderhou. Indien die water lek dus veroorsaak word deur woonstel A se stort, sal dit die eienaar van woonstel A se verantwoordelikheid wees om die water lek te herstel.

Die oplossing tot die voorbeeld hierbo waar die water lek veroorsaak word deur woonstel A se stort, en dus deel vorm van woonstel A se eenheid en nie die gemeenskaplike eiendom nie, is dit dat die verantwoordelikheid van die eienaar van woonstel A is om die water lek te herstel.

Indien so ‘n eienaar nie die water lek binne ‘n redelike tydperk herstel, om sodoendeverdere skade te vermy nie, kan Dave die beheerliggaam vra om dit te herstel met behulp van die prosedure wat daargestel is vir wanneer die water lek veroorsaak word deur pype wat deel vorm van die gemeenskaplike eiendom. Die beheerliggaam kan dan die koste van die herstelwerk van die versuimende eienaar eis.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies. (E&OE)

TERSYDESTELLING VAN VONNIS

TERSYDESTELLING VAN VONNIS

A1bStel jouself voor, die onaangename verrassing as jy onverwags ʼn vonnis by verstek ontvang, as gevolg van ʼn dagvaardiging wat jy nooit ontvang het nie. Dit is belangrik dat jy bewus is van die prosedures wat gevolg moet word om so ʼn vonnis teen jou ter syde te laat stel.

Dit gebeur gereeld dat individue hulself in die ongewenste situasie bevind dat ʼn vonnis by verstek, sonder hul medewete, teen hulle aangeteken word. Die voorafgenoemde wanneer ʼn party versuim om die kennisgewing van voorneme om te verdediging te liasseer, dit gee dan aanleiding daartoe dat die Eiser daarop geregtig is om aansoek te doen vir vonnis by verstek.[1]

Die rede waarom sommige Aangeklaagdes versuim om die kennisgewing van voorneme om te verdedig te liasseer, is as gevolg van die feit dat hulle nooit die dagvaardiging ontvang het nie. Die betekening van prosesstukke is slegs ʼn vereiste in gevalle waar die aangeleentheid ʼn persoon se persoonlike status beïnvloed, soos in die geval van egskeidings en sekwestrasies. Aangesien dit is nie ʼn vereiste is dat die Balju persoonlik ʼn dagvaardiging aan die Aangeklaagde moet beteken nie, kan situasies ontstaan waar die Aangeklaagde nooit die dagvaardiging gesien, of ontvang, het nie, ten spyte daarvan dat die Balju dit wel op die aangewese en voorgeskrewe wyse beteken het.[2]

Die bogenoemde vind byvoorbeeld plaas wanneer die sogenaamde domicilium citandi et executandi (ʼn adres wat deur die Aangeklaagde aangedui word as die adres waarna pleitstukke gestuur moet word) nie meer die korrekte adres is nie. Indien die nuwe adres nie aangeteken is nie, sal die Balju steeds die dagvaardiging na die eerste (en dus verkeerde) adres stuur om te beteken.

Indien ʼn verstek van vonnis teen ʼn Aangeklaagde aangeteken word, moet sekere stappe geneem word om die vonnis ter syde te laat stel. Volgens die Landdroshofreëls, moet die Aangeklaagde binne 20 dae nadat hy bewus geword het van die vonnis, kennis gee van sy aansoek van tersydestelling.[3] Daar word van die Aangeklaagde (wat nou as die Applikant bekend staan) vereis om in ʼn beëdigde verklaring te verduidelik waarom die saak nie verdedig was nie en wat sy verdediging tot die eis is. Die bewyslas berus op die Applikant om geldige redes te verskaf vir waarom die aksie nie verdedig was nie.[4]

Wanneer ʼn aansoek vir die tersydestelling van vonnis gebring word, geld die volgende beginsels:[5]

Die Applikant moet ʼn redelike verduideliking gee vir sy versuim om die saak te verdedig. Die hof nie bereid om te help, indien daar gevind word dat die Applikant bewus was van die aksie teen hom en dat sy eie nalatigheid daartoe gelei het dat hy nie die saak verdedig het nie. Opsetlike verstek of nalatigheid aan die kant van die Aangeklaagde sal as bepalende faktore deur die hof oorweeg word wanneer daar besluit word of vonnis wel ter syde gestel moet word.

In baie gevalle doen ʼn Applikant bloot aansoek vir tersydestelling van vonnis om die onvermydelike uit te stel. Die Applikant moet bewys dat hy nie bloot die Eiser se saak probeer vertraag nie. Daar word dus van die Applikant verreis om ʼn bona fide verdediging, of te wel ʼn werklike verdediging, aan te voer, alhoewel dit nie nodig is vir die Applikant om die meriete van die verdediging te bewys of enige getuienis hieroor te lewer nie.

Die hof beskik oor die diskresie om te bepaal of die vonnis wel ter syde gestel kan word, na gelang van die rede wat deur die Applikant aangevoer is tydens die aansoek.[6]

Alhoewel hierdie proses dikwels lank en duur is, is die van uiterse beland om enige ongeregverdigde vonnisse teen jou naam ter syde te stel, sodra jy daarvan bewus word. Hierdie vonnisse het ʼn negatiewe impak op jou krediet rekord. Indien die balju onverwags met ʼn lasbrief by jou opdaag om op jou persoonlike bates beslag te lê, kan dit ook aanleiding gee tot emosionele ontwrigting en verlies aan aansien.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies. (E&OE)

[1] Landroshofrëels, Reël 12(1)(c)

[2] Landroshofrëels, Reël 9(3)

[3] Landroshofrëels, Reël 49(1)

[4] Du Plessis v Tager 1953 (2) SA 5 (O)

[5] Grant v Plumbers (Pty) Ltd 1949 (2) SA 470 (O)

[6] De Witts Auto Body Repairs v Fedgen Insurance Co Ltd 1994 (4) SA 705

SPRING IS IN THE AIR!

SPRING IS IN THE AIR!

A4b

Casual day on 4 September was celebrated at MHI with everyone buying stickers and dressing up for the occasion. We bought our stickers from PST (Presentation Software Training) in aid of Paarl School in Brackenfell.

Paarl School helps neurally disabled children through guidance, support and assistance to, despite disadvantages and learning disabilities, reach their full potential and living by their motto :“I do not have a dis-ability, I have a different ability”.

Sekretaresse-dag by MHI is altyd ‘n groot bederf. Die dames is verras met ‘n geskenkbewys vir ‘n luilekker behandeling by ‘n Spa. Baie dankie aan die MHI direkteure om ons so spesiaal te laat voel!

En dan sluit die maand af met Nasionale Erfenisdag. Ons het dit gevier met ‘n braai en Stefanus Malherbe (direkteur) het vir al die personeel ‘n vleisie op die kole gegooi. Ons kon weer heerlik saam eet en gesellig verkeer.

MHI is trots Suid-Afrikaans!

A42b

THE LEGAL FEE STORY

THE LEGAL FEE STORY

A3bA man runs into an attorney’s office. “What do you charge for three questions?”

“R1 000” replies the attorney. “Is that not a bit steep?” asks the man. “Yes, now what was your third question?”

 

When you find yourself at an attorney’s office, you’re there because you have a problem. Something has happened or something needs to happen and you need assistance to protect your legal rights. More than likely, this is your last resort.

It is important to realise that working with an attorney comes at a price, sometimes a very high price. Cheaper does not necessarily mean better when it comes to your legal representation. A senior, experienced or specialised attorney will more likely be able to resolve a matter, however complex, easier and possibly quicker.

The indispensable point of departure is that an attorney (or advocate) has one thing to sell to you and that is his or her time.

When browsing for legal services, always ask attorneys to explain their fee and billing structure to you. During your first consultation, get a fee arrangement in writing and remember that the Attorney’s Act states that you are entitled to a detailed itemised bill of costs at all times.

Attorneys are entitled to request a deposit from you to cover the first consultation and initial disbursements. Hereafter, be prepared to be charged for every minute of your attorney’s time spent on your file. Reply to an e-mail? Yes.  A phone call? Definitely!

Time is money in this business and you as a client need to understand how you can assist in keeping your legal bill as low as possible:

  1. Your first consultation with your attorney is very important, sometimes, the only consultation you will need to have. Provide clear and concise instructions, keep to the point and be prepared, bring all the necessary documents with you.
  2. At all times when consulting or corresponding with your attorney, keep the communication short and to the point! Every time your attorney has to read a 17 page e-mail dealing with non-essential matters you are paying for that time spent;
  3. Do not arrange consultations with your attorney that are not absolutely necessary, if a query can be clarified over the phone or over e-mail rather follow that route and save time (and money);

By adhering to the points outlined, you should reach a satisfied outcome without surprising legal costs.

This article is a general information sheet and should not be used or relied on as legal or other professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your legal adviser for specific and detailed advice. Errors and omissions excepted (E&OE).

Written by Kestrel Carstens, Candidate Attorney, MHI Attorneys.

RESCISSION OF JUDGEMENT

RESCISSION OF JUDGEMENT

A1bImagine receiving the nasty surprise that default judgement has been entered against your name because of a summons that you have never even received. It is necessary that you know the procedure of how to rescind a default judgement to get you out of this unwanted situation.

Many people are confronted with the unfortunate situation of a judgement being entered against their name, without even being aware that legal action is being taken against them. The reason for this is that when a party fails to deliver a notice of intention to defend a summons, a Plaintiff is entitled to lodge an application for default judgment.[1]

The reason for many Defendants not filing a notice of intention to defend, is the fact that they simply never receive the summons initiating an action against them. Personal service of documents by the Sheriff is only required where the matter affects a person’s personal status, such as with divorces and sequestrations. As it is not a requirement for the Sheriff personally, to serve a summons on a person, it can lead to situations where the Defendant never sees the summons, although the Sheriff stated that the summons has been legitimately served.[2] An example hereof many people who indicate their domicilium citandi et executandi or nominated address where notices are sent, in an agreement. In the event of the Defendant moving, the Sheriff will still deliver the summons to this address, but the Defendant will never receive it.

In the event of a Defendant not receiving a summons, certain steps have to be taken to have the judgment rescinded. The Defendant has to serve and file his application for rescission of judgment within 20 days after becoming aware of the judgment that was entered against him.[3] The Defendant (now the Applicant) is required to set out in an affidavit why the matter was not defended and what the bona fide defence is to the claim.  The onus is upon the Applicant to set out legitimate reasons for why the matter was not defended.[4]

When bringing an application for the rescission of judgement before court, the following principles are applicable:[5]

The Applicant must give a reasonable explanation for his default. The court will be unwilling to help the Applicant if it is found that he was aware of the proceedings against him or if the default was simply due to his own negligence. If the Applicant’s default is of a wilful or negligent nature, these will serve as considerations that the court will take into account when deciding whether an application should be granted.

In many cases an Applicant simply rescinds a default judgement to delay the inevitable. It is therefore necessary for the Applicant to show that he is not simply delaying the Plaintiff’s claim. A bona fide defence, in other word a genuine defence, must therefore be shown, although it is not required to deal fully with the merits thereof or produce any evidence in this regard.

Ultimately, the court has discretion whether to rescind the default judgment or not, based on whether good cause was shown by the Applicant.[6]

Although it involves an unwanted and often lengthy and expensive process, it is important to have any judgments against your name rescinded as soon as possible, as they have a negative impact on your credit rating. These judgements, if executed, will also leave you highly annoyed when the Sheriff shows up on your doorstep with a warrant of execution to seize your personal belongings.

This article is a general information sheet and should not be used or relied on as legal or other professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your legal adviser for specific and detailed advice. Errors and omissions excepted (E&OE).

[1] Magistrates Court, Rules of Court, Rule 12(1)(c)

[2] Magistrates Court, Rules of Court, Rule 9(3)

[3] Magistrates Court, Rules of Court, Rule 49(1)

[4] Du Plessis v Tager 1953 (2) SA 5 (O)

[5] Grant v Plumbers (Pty) Ltd 1949 (2) SA 470 (O)

[6] De Witts Auto Body Repairs v Fedgen Insurance Co Ltd 1994 (4) SA 705